Wanne gan jy ‘n baby het?
Daai woorde maak my net upset!
Ja ek wil ‘n baby hê
Ma hulle sal mak, dat ek hulle insê!
Hulle wietie ees waarmee ek sukkel
Van my ovaries wati wil wikkel
Van my hormone wat all over is
Wat maak dat ek my period mis.
Hulle wietie ees van die miscarriages
En al die klomp barriers
En die minus striep opi pregnancy tests
En wat van… al die useless baby vests.
Hulle wietie ees van ali doctor visits
Dan wys die scans hoe die cysts
Die maand se eiertjie verkrag
Dan moet ek maar weer, ‘n nogge maand wag.
Hulle wietie ees hoe dit voel
Om elke keer in die kooi te woel
Weetend dat miljoene vissies
Doen binne my, onnodige rissies.
Ek wiet ek KAN ‘n baby kry
Ma ek is al moeg van met mense stry
Só moeg, dat ek het al begin sê
Dat ek wil NIE ‘n baby hê.
Die frustration het vir my laat glo
Dat ek nooit motherhood sal proe
Dat eki gemaak was om ‘n baby
Vir 9 maande in my womb te dra nie.
Maar ek wiet dat God is tot alles in staat
Hy skiet toe die duiwel ‘n lekke kaat!
Hy wys my dokter waar die fout lê
En dat ek wragtig eendag ‘n baby sal hê.
Wanne gan jy ‘n baby het?
Daai woorde maak my nie meer upset
Ja ek GAN ‘n baby hê
Wag net so bietjie, dan sal ek julle sê!


Leave a Reply to Megan-joy Mavosa Cancel reply