Die kinders van vandag

Die kinders van vandag

Die kinders van vandag is different as wat os was.

Moetie offense vati, trek aan as die skoen jou pas.

Toe os jonk was, het os darem respek gehad,

Even die skollies het hulle skywe weg gestiek ini pad.

Ons het respek gehad vir die ouer mense,

Maar hulle raas met hul ouers soos ‘n radio met grense.

Ek het gewiet van ‘n curfew, otherwise wasit dit op my dite!

Sewe-uur was my tyd, cause I wasn’t lus for a fight.

Vandag se laaities doen soes hulle wil,

‘n Skool aand maaki ‘n verskil.

‘n Minuut na sewe het my sterre gebrand,

My ma het my somma geneek met haar hand.

Os was oek ongehoorsam maar nie so ombeskof,

Dalk ‘n bietjie skynheilig maar ni so rof.

Os heti os ouers gestiek as hulle nee sê,

Ma net ‘n bietjie gemoan as os iets wou hê.

Os heti gewaag om os ouers te vloekie,

Of even ‘n entjie voor hulle te roekie.

Baie van os respek het gekom van oek bang wies,

Ma as ek nou kyk, dan sal ek liewer daai kies.

Dieselfde laaitie ini pad wie vir my vandag antie noem,

Sal môre volle bors met sy dagga pyp voor my roem.

Os het miskien agter die onnie se rug gesiggies getrek,

Maar nooit sou os dreig, ‘dat ek maak jou vrek’.

Vir hulself het hulle nie eers respek,

Sit oppie hoeke in plaas van gan werk.

Hulle loep uiti kerk as die Pastoor oor sonde praat,

Kom terug liewe kind, dis nogi te laat.

Isi te laat om wee respek te kry,

Los nou die baklei, vloek en stry.

Ek raak nou al bang vir kinders wie nog gebore moet word,

Hulle raak al hoe erger, please help us oh Lord.

Da is so baie goeie kinders da buite,

Eintlik is hulle binne, en kyk ma net uit deuri ruite.

Moenie offense vati, trek aan as die skoen jou pas,

Maar die kinders van vandag is baie different as wat os was!


Comments

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *