Askies antie
My ma vra vi bietjie suiker
Ek heti.. ma kantie
Is die antie veel ryker
Askies antie
Vra die laaitie bydi shop
Het antie nie ‘n randti?
Want sy ma koep liewer dop
Askies antie
Het antie nie ‘n stukkie broodi?
Antie se mag het nogi gebrandti
En boeta se hongerte wil neti doodi.
Askies antie
Sorry dat ek vi antie bel
Moetie dink ek is verwaanti
Ek soek manet ‘n bietjie gel
Om my uit te bail hie ini tronk
Die ouens hie bly met my mos
Sorry kind… jys nog so jonk
Ma te minste kry jy darem kos
Askies antie…


Leave a Reply