Many reasons i love you pic 1

The many reasons I love you

If I had to write a book about why I love you,

It won’t be one book, it will be quite a few,

When I think about all the things we went through,

We stick like glue, cause our love is true.

Wait a minute, die gedig klink te boring en cheesy…

Ek is engels, maar dit bringi die boodskap lekker oor nie,

Ons liefde kan eki met ‘n ra ra ra leesi,

Want toe God ons bymekaar sit,

Was diti suma net SO geweesi.

Die gedig is seker nou ‘n surprise vir jou,

Ma hier is die redes hoekom ek so baie van jou hou,

En soos ‘n bosluis an jou sal ek vasklou, tot die dood

Net soos ek belowe het die dag toe ons trou.

Ek like die feit dat jy so rustig is, en jou skouers so fris,

Die shoulders waarop ek kan huil, as ek my mammie mis,

Ek love hoe lief jy vir my is, al maak ek jou kwaad,

Die tornado het darem nie die vlam uitgeblis.

Gepraat van vlam, en blis en lis, maar wag, hier is kinders,

Parental guidance, en my parental wat hier is.

I love the way you think, jou brein, mentality,

En hoe jy jou so kwai refrain, van dinge sê wat op jou mind is,

As jy wiet dat dit niks gaan gain, en jou net gaan drain.

Ek love dat jy met liefde praat, jy treat my reg,

En ek kan voel dat aan my, is jy geheg,

Want jy wil ook niks sonder my doenie, soms darem te erg,

Saam ry moet ek, al wil ek my so verérg.

Ek like hoe jy ‘n spirit van discernment het, terwyl ek,

Baie keer met my hart dink, is jou geestes oë nougeset,

Om my te beskerm teen mense wie ek sometimes forget

Dat hulle nie altyd my best interest in hulle hart het.

Ek love hoe jy my support, even in dinge wat ek nie kan afford,

Ek love dat jy saam my kerk toe gaan, that together, we serve the Lord.

And even though you tell me you love me, aanmekaar, my word,

Van daardie woorde raak my hart nie bored.

It’s sweet to me, like David’s secret chord, to the Lord.

I love your eyes, veral wanneer jy lag,

And that smile, dit maak somma my dag.

Jou Geduld, die feit dat jy so kalm wag,

Wanneer ek elke winkel in stap,

net om een rok te soek, jy lag,

en fluister sag ‘n vraag, of ek dalk weet

dat die tyd jaag?

Sometimes I wonder, waar kry jy die krag?

Waar kry jy die krag om met my past trauma te deal?

Die goed waarvan ek nog moet heal?

The long drives where you let me say how I feel,

Anxiety used to get the best of me, soos eendag,

Toe raak dit teveel, my hart was in my keel, maar

My gevoel het jy gedeel, en in die middle

Van my panic attack, trane loop, oë geseal, toe kom jy

En hug my, tot die son weer homself reveal.

Daar is baie meer wat ek van jou kan sê, maar

Dan sal ek baie meer tyd moet hê, want jy,

Doen baie meer as baie ander mans, by vêr,

jy staan nie stil vir kosmaak, skoonmaak, of wasgoed was,

en ek moet dit declare, my eie mechanic, electrician, plumber,

maar vir jou sal ek nie share, want jy is heeltemal te rare.

Want as ek ‘n boek moes skryf oor hoekom ek jou liefhet,

It will start from school days, when we met,

Up until today, there is no regret,

Want jy het ‘n groot deel van my hart kom beset.

Many reasons i love you pic 2

Comments

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *