Dis winter da buite, koud, en som dae benoud,
Die bergies soek manet ‘n paar stukkies hout,
Om hulle warm te hou, want die nat matras is so koud,
Ek dink, dalk was hulle stout, of dalk was dit manet ‘n fout,
‘n Fout in besluite, of vetroue,
en op die wond van die fout,
smeer die koue net sout.
Dis winter da buite, ek lê lekke warm in my kooi,
Met my gown so mooi, en my blankets
duk oor my gegooi,
Da is mos shelters wantoe hulle kan gan, reg?
Is moeilik om my antie in te nooi, terwyl
Sy nog so op cover vir haar druggie boy,
‘n Mens wil help, want ek wiet dat isi almal
wie so WIL lewe nie, ma die lewe
was eendag mooi, en die nex, vir hulle weggegooi.
Dis winter da buite, ek ken ‘n bra, Nolan, hy bly opi straat,
Sy life was eens op ‘n tyd reg, goeie ouers en lewensmaat,
Sy life het ‘n wrong turn gevat, nou is hy
Opi verkeere kant van sy ouers se jaat,
Sy body is gebrand, verslaaf an drugs,
Hy maak sy mense so kwaad, Cause everytime
Wanne hulle vir hom laat inkom, doen hy weer dinge
Wat hulle haat, nou bly hy wee opi pavement,
Ma dit baati ees ‘n mens praat, cause wat baat die goeie daad?
Hy protect liewer sy ego met dwelms en ‘n lekke kaat.
Even vir hom wil ek help, want hys nice, slim, kan hoor
Hy wiet waavan hy praat, ma it lyk hy verkies liewer die straat.
Dis winter daar buite, ek loop met my jacket en missie op my kop,
Ek vekyk vir my aan ali mense, wie in ‘n lyn staan
Vir ‘n bietjie sop;
Wanne het die lewe dan vir hulle gerop? Wat het verkeerd geloep?
Hoe kan ek help? Vra ek myself non-stop.
Ganit help as ek vi my antie ‘n biekie groceries shop?
Of as ek vi Nolan ‘n paar randte in sy handjies drop?
Ek kan bid vi hulle, hulle trane op mop, of ‘n homeless kindjie adopt,
Ma wat van die man wat elke dag vi ‘n stukkie brood,
By my deur anklop?
Dis winter da buite, en ek besef dat da is niks wat ek kan doen;
hulle family wil nie versoen, maybe was iemand gone too soon,
en nou, vi een of ander rede, dra hulle ‘n stukkende skoen,
Ek wil help ma ek wietie wat om te doen, ek staan ma in my eie jaat;
Dis winter da buite, en ek is okay, want my eie grassies is mos lekke groen.


Leave a Reply